Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples knak liga-voorloper

Peoples knak liga-voorloper
 
2006-12-07


DIE eerste span van Young Peoples Krieketklub het Saterdag vir ’n opskudding gesorg toe hy die huidige ligavoorloper Wellington Krieketklub geklop het.

Die Tiere het die verdedigende Boland-kampioen met nege lopies geklop.

Dit was dan ook die Wellingtonners se eerste nederlaag van die
seisoen.

Peoples se kaptein, Brendon Adams, wen die loot en besluit om eerste te kolf.

Met die telling op 57/1 lyk dit na ’n goeie besluit, maar kort daarna veroorsaak ’n hewige kolfineenstorting dat hulle vir 149 uitgeboender word.

Slegs Adams (45 4x4) en Lorenzo Jacobs (25 4x2) het teenkanting gebied teen die goeie boulwerk van Sarel Wolmarans (2/11 in 7bb) en Christo Ritter (3/33 in 15bb).

Wat op die oog af gelyk het na ’n maklike oorwinning vir Wellington nadat hy reeds 127/4 op die telbord gehad het, het in ’n nagmerrie ontaard.

Die Paarliete het skielik die tempo gelig en met skitterende veld- en boulwerk die tuisspan tot oorgawe gedwing.

Die draaibalbouler, Edwin Jacobs, het die oorblywende kolwers met sy bedrieglike aflewerings uitoorlê vir syfers van 3/7 in nege boulbeurte, terwyl Adams (2/20 in 15bb) ook tot die verdediging toegetree het.

Wellington kort nog tien lopies in die laaste beurt, maar Lester Opperman laat die laaste paaltjie kantel om so die tuisspan se rits seges tot ’n einde te bring.

Toeskouers van beide spanne was in hul noppies met die spannende stryd, terwyl Peoples se afrigter, Eltin Buziek, die karakter van sy jong span geprys het.

Dit was ook ’n goeie dag vir Peoples se tweede span wat hul eweknie van Wellington Krieketklub met 27 lopies geklop het.

Peoples behaal 265/8 in sy 60 boulbeurte, met ’n skitterende honderdtal deur Wade October (112 4x15) asook goeie beurte deur Andrew Victor (67 4x10), Chester Kuiler (25 4x4) en Charlton Daniels (32nun).

Vir Wellington het Arno Blom (3/61 in 15bb) en Ian Opperman (3/36 in 15bb) goed geboul.

Die besoekers het die lopies positief gejaag, maar op reëlmaat paaltjies verloor en hulle word in die voorlaaste boulbeurt vir 238 uitgeboul.

Dit was die draaiboulers, Marlin Carolissen (4/56 in 15bb), Marchant Genis (2/56 in 15bb) en Chester Kuiler (2/47 in 14bb) wat die verwoesting gesaai het.

Dennis Puchert (36 4x6), Nico Roos (25 4x1, 6x1) en Christiaan Laubscher (36 4x6) was Wellington se beste kolwers.

Saterdag speel aldrie Peoples spanne teen Paarl-Oos. Peoples I speel weg, terwyl Peoples II en III tuis speel. Peoples I en II se laaste wedstryd vir die jaar word op 16 Desember op Daljosafat Stadion gespeel en ’n funksie sal ná die tyd gehou word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za