Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motorfietsers skenk bloed

Motorfietsers skenk bloed
 
2006-12-14


DIE Christelike Motorfiets Assosiasie (CMA), in samewerking met die Boland Motorfiets Assosiasie (MAB) en die WP Bloedoortappingsdiens hou Saterdag ’n “Blood Run”.

Die doel van hierdie byeenkoms is om bloed in te samel vir die komende feesseisoen.

Die plaaslike ryers kom by die Paarl Mall bymekaar. Hulle vertrek om 09:00 na Malmesbury Spar in die vorm van ’n massarit per motorfiets.

Daar sal die Bloedoortappingsdiens hulle ontvang om bloed te skenk van 10:30 tot 13:30.

Ná die bloedskenk, wat nie verpligtend is nie, maar elke pint bloed is welkom, gaan daar ook “bikesports” wees in die vorm van verskeie speletjies wat meestal motorfietse insluit.

Die koste beloop R50 per persoon, wat dan ’n braaipak en ’n kenteken insluit. Slaai, brood en braaivleisvuur word voorsien.

Daar is ’n orkes, Destination, asook ’n prysuitdeling.

Enigeen wat nie ’n motorfiets het nie maar ook graag hierdie saak wil ondersteun, is welkom om te skakel om die dag mee te maak.

Navrae by Claude, 082-562-8669, of Karen, 082-856-8622.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za