Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Siebrits dra SA-kroon

Siebrits dra SA-kroon
 
2005-05-05


DIE Rhadsport fietsryklub het weer eens bewys dat sy huidige ontwikkelingsplan ’n wenner is nadat sy ryers uitstekend gevaar het tydens die SA fietsrykampioenskappe wat die naweek in die Bellville Velodrome gehou is.

Die toppresteerder van die klub was ongetwyfeld Ivano Siebrits, wat gekroon is as die SA naelry-kampioen in die junior afdeling.

Ivano het ook silwer medaljes in die 1500m en puntewedren behaal.
Bertram Siebrits het ook skitterend gevaar, met silwer medaljes in sowel die uitval-wedren en enkelagtervolging.

In laasgenoemde wedren het hy die goue medalje met enkele honderdstes van ’n sekonde gemis.

Reginald Benjamin het derde geëindig in die 1500m.
In spanverband het die junior Boland-span, bestaande uit Gershwin Vlotman, Reginald Benjamin en Ivano Siebrits, die span-naelrytitel met ’n breukdeel van ’n sekonde gemis teen die hoogaangeskrewe WP.

Die spanagtervolgingstitel vir juniors is op skitterende wyse deur die Rhadsport-span, bestaande uit Lesley Snyder, Reginald Benjamin, Bertram Siebrits en Ivano Siebrits, gewen toe hulle die OP binne ’n bestek van nege rondes uit ’n moontlike 16 van agter af ingehaal het.

Vlotman en Snyman is albei nog deel van die klub se
ontwikkelingsgroep, maar het hulle uitstekend van hul taak gekwyt by die kampioenskappe.

In die o.12-afdeling het Nathan Cornelissen verras deur ’n skitterende derde plek te behaal in die 5km-wedren.

Clint Hendricks, wat slegs drie maande fietsry, het in die 500m tydtoets 'n vierde plek behaal.

In die elite-afdeling kon die klub geen medaljes buit nie, maar sy elite-ryers op die kampioenskappe, Durwin Benjamin en Ashley Kulsen, het goeie rekenskap van hulself gegee in wedrenne waar hulle deelgeneem het teen die sterk Excel- en Microsoft-spanne uit Johannesburg, asook die CVT-span uit die Kaap.

Inteendeel, albei ryers het ’n groot rol gespeel in die oorwinning van Nolan Hoffman (wat nog steeds lid is van Rhadsport, maar tans vir Excel jaag) se sege in die uitvalwedren en sy tweede plek in die puntewedren.

Benjamin het algeheel sesde klaargemaak. Benjamin en sy spanmaat, Rupert Rheeder, het ook in die Madison-wedren in die vierde plek klaargemaak, ná Mario Nel/Jacques Fullard, Nolan Hofman/Dennis van Niekerk en Wesley Cole/Chris Willemse kombinasies.

’n Groot uitvloeisel uit die sukses van die klub se ontwikkelingstrategie is die ontstaan van die eerste fietsry-akademie in die Boland-area.

Vir navrae rakende die akademie, kan Elrick Kulsen by 083-536-9096 geskakel word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za