Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wingerdfees kom terug - groter en beter

Wingerdfees kom terug - groter en beter
 
2006-12-14


DIE Paarl Wingerdfees is vroeg volgende jaar terug met ’n groter en beter program.

Op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart gaan die musieknote weerklink in Faurestraat-stadion.

Nuwe gesigte op die kunstenaarslys is Kurt Darren, Nicholis Louw, Hugo & Band en Juanita du Plessis. Ou gunstelinge soos Alana Burger, die Jakkie Louw Band, Christo & Cobus, die Campbells en Thys die Bosveldklong maak ook weer hulle buiging.

Buiten die hoofverhoog, sal daar ook ’n tweede verhoog wees met Nadia & Groep, Nadia Louw en De Kazinz.

Die organiseerders sê daar sal meer gesentraliseerde wynstalletjies wees asook ’n behoorlike kunsmark.

Verder gaan hulle die helfte van die veld onder skadunet sit.

Mense wat belang stel in stalletjies, kan nou reeds 084-207-4444 skakel.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za