Kersrevue by Huguenot
2006-12-14
DIE VGK Huguenot hou hul jaarlikse Kers-revue onder leiding van ds Freddie Ayford op Vrydag 15 Desember om 19:30 in die Strauss-saal.
Die revue se tema is ‘Do they know it’s Christmas?’. Daar is verskeie musiekgenres verpak in ’n keurige Kersomhulsel.
Hierdie jaarlikse revue het nou al ’n instelling geword wat die Kersgety inlei. Dit is ’n ware ervaring van vermaak van die hoogste gehalte en absolute waarde vir geld.
Die toegang is slegs R20 (kinders R10). Kaartjies is verkrygbaar by die kerkkantoor (862-3810) of die pastorie (862-3420) of by die deur.
Die opbrengs is vir die opknapping van die Strauss-saal se plafon.
More
News
|