Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fanie de Jager op die berg

Fanie de Jager op die berg
 
2006-12-14


AANHANGERS van sanger Fanie de Jager kan hulself regskuif vir sy optrede Saterdag in die amfiteater op Paarlberg.

Hy is reeds sedert die negentigerjare ’n bekende gesig op televisieprogramme soos Teletreffers, Musiekforum, Platepraatjies, Uit en Tuis, Noot vir Noot en Maak ’n Las.

Sy sangloopbaan het egter aan die begin 2001 ’n hupstoot ervaar met die uitreiking van sy eerste volwaardige CD, getiteld “My Sentimental Soul”.

Kort ná die uitreiking van die CD word hy deur Johan van Rensburg genooi om weer op Noot vir Noot op te tree.

“My Sentimental Soul” het hierna so goed verkoop dat vyf opvolg CD’s reeds op die mark is.

Die hekke open Saterdag om 17:00 en van 18:30 af kan marimbamusiek van Frank Pietersen se groep geniet word.

Ook op die program is luisterliedjies uit die hart (klavier, viool, tjello, klarinet om 19:30) en ’n koperblaas-kwintet (20:15).

Om 22:30 word daar kerse aangesteek en daar is samesang van Kersliedere.

Kaartjies is R70 (kinders R30) by die hekke of WilleMan Motors, Versterstraat, Paarl (872-1088).

’n Gedeelte van die opbrengs gaan aan die Paarl Post Opelugfonds.
Navrae by 082-791-4249 of 975-7541. Onthou ’n kussing om op te sit en 'n kers in 'n plastiekbottel.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za