Onderwyser gesoek oor Kersgeld
2006-12-14
DIE onderwyser wat beweer het dat hy verlede Dinsdag van R26 000 beroof is, het nou self verdwyn, blykbaar toe hy snuf in die neus gekry het dat die polisie op sy spoor is.
Ainsley Jacobs van Dalweide Primêr het beweer dat hy in die parkeerarea van FNB in Lady Greystraat, Paarl, gekaap is en gedwing is om na die N1 te ry.
Die geld wat hy sou getrek het is deur die onderwysers deur die jaar gespaar om vir hulle elkeen ’n ekstra bonus oor die feestyd te gee.
Volgens Jacobs is hy beveel om op die snelweg stil te hou en die rowers het met hul buit in ’n tweede voertuig ontsnap.
Na intensiewe ondersoek deur lede van die polisie het hulle onraad vermoed.
Daar is ook vasgestel dat die dag dat Jacobs die geld by die FNB sou gaan trek het, het hy geen geld getrek nie, maar wel ’n bank-rekening geopen.
Hy is in kennis gestel om by die Paarl polisiestasie te rapporteer waar ’n klag van meineed teen hom geopen sou word.
Hy het egter spoorloos verdwyn.
Enigiemand met inligting oor waar Jacobs hom bevind kan, vir insp Auckland Losper skakel by 807-4000.
More
News
|