Liggaam gevind
2006-12-14
’n ONTBINDE liggaam wat Vrydag langs die Dwarsrivier in Groot Drakenstein ontdek is, is by die Paarl polisielykhuis uitgeken.
’n Bestuurderslisensie is in die sak van die oorledene, Koos Jonkers, gevind. Hy was geklee in ’n blou werksbaadjie, ’n blou broek, swart skoene en ’n vaal pet.
Die oorsaak van dood is onbekend. Insp Sandra Fourie (874-8000) is die ondersoekbeampte en sal inligting waardeer.
* In nog ’n voorval op Vrydag, om 22:15, het Moses Johannes van Kershoutlaan, La Motte, beheer oor sy voertuig verloor op die R45 in Groot Drakenstein. Die voertuig het gerol en Moses is uitgeslinger. Hy is op slag dood.
* Later daardie nag het die Groot Drakenstein polisie drie vermeende verkragters in hegtenis geneem nadat ’n 15-jarige meisie om 01:15 in ’n parkie in Kylemore aangeval is. Die verdagtes is onderskeidelik 22, 25 en 28 jaar oud.
Die polisie het inwoners, veral vroue, versoek om nie in die nag alleen rond te loop nie, veral nie in donker afgeleë plekke en strate nie.
Hulle het ook ’n beroep op inwoners gedoen om nie te drink en daarna te bestuur nie.
More
News
|