Borgaansoek vir Kersfees
2006-12-14
DIE borgaansoek wat Colin Rall, beweerde bedrieër van Wellington, oor die Kersgety uit die tronk kan bevry, word Maandag in die hof aangehoor.
Borgtog van R3000 is reeds aan sy vrou, Merinda, toegestaan.
Die Ralls word aangekla van bedrog van R200 000, ’n belegging in hul sogenaamde promosiemaatskappy, ProRugby.
Die ondersoekbeampte, insp David Manthey, sal die borgtog teenstaan in die lig van vorige veroordelings, onvoltooide ondersoek na nog aanklagte en die feit dat Rall kort voor sy inhegtenisname na Engeland gevlieg het.
Hy is op die lughawe voorgekeer en teruggestuur deur die Britse owerhede.
Rall sou verlede Donderdag sy eie borgaansoek hanteer, maar het ter elfder ure besluit om die bystand van ’n regshulpprokureur in te roep.
Sy fyngeboude vrou met lang rooibruin hare, het dié dag arms oor haar bors gevou, woordeloos in die hofbanke gewag dat ’n besluit oor die uitsteldatum geneem word.
Colin self moes in die hofselle wag nadat hy en ander verhoorafwagtendes vroeër die oggend met ’n polisievoertuig van Allandale gevangenis by die hof opgedaag het.
* A Wellington businessman Ciolin Rall, arrested for fraud will apply for bail before Christmas.
More
News
|