DA klop ANC, ID sak uit
2006-12-14
DIE Demokratiese Alliansie het ’n naelskraapse oorwinning behaal in verlede week se tussenverkiesing in wyk 23 (Denneburg-area) in Drakenstein.
Miriam Adriaanse (DA) het 654 stemme (46,8%) op haar verenig, 28 meer as haar naaste teenstander, Harlan Cloete (ANC), wat 626 stemme (44,49%) gekry het.
Adriaanse sal nou die plek van Marna van Eeden (DA) inneem, wat verhuis het.
In die Maart-verkiesing was die DA se sege ietwat groter, met 681 teenoor die ANC se 570 - ’n meerderheid van 111.Die OD het toe aansienlik beter gevaar, met 344 stemme.
Die wyk het 3340 geregistreerde kiesers, waarvan 1416 (42,4%) gestem het. Dit is tien persent minder as in Maart.
More
News
|