Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seuns kom op lyk af

Seuns kom op lyk af
 
2006-12-14


TWEE laerskoolseuns was erg geskok toe hulle Maandagoggend ‘n gru-vonds gemaak het.

Wesley van Wyk (9) en Jevan van Rooyen (7) het Maandagoggend oudergewoonte vanaf hul huise in Agter-Groenberg na die Limietrivier gewandel om van die versengende hitte van die dag te ontsnap.

Toe hulle tussen die bosse by die rivier kom, het hulle op die halfnaakte lyk van ‘n vrou in die water afgekom en met skok het hulle vasgestel dat hulle die slagoffer ken.

Sy was Sanna Felix (27), die ma van hul nege-jarige maatjie, James.

Die seuns het dadelik hulp gaan soek en die polisie op Wellington is verwittig.

‘n Vriendin van haar, Elmarie Koopman, het verslae op die toneel vertel hoe sy en Sanna saam met vriende Saterdagaand ‘n rugbydans op Wellington bygewoon het.

Hulle is in die vroeë oggendure Sondag saam met nog vriende by die plaas afgelaai, skaars 500m van Sanna se huis op die plaas Arc-en-Ciel.

Sanna se aangetroude neef, Wilfred Claasen, ook van Arc-en Ciel, sou saam met haar na haar huis toe stap. Dit is die laaste keer wat sy lewend gesien is.

Dit word vermoed dat Sanna eers verkrag is voor haar moord. Die liggaam is in die rivier gelaat.

Verdere forensiese toetse moet nog uitgevoer word om vas te stel wie Sanna vermoor het.

* ‘n Paar jaar gelede is ‘n lyk van ‘n vrou tussen die wingerde gevind, meters van dié moordtoneel. Die skuldige sit nou vir 22 jaar agter tralies.

* Two young boys discovered the body of a woman lying in a stream near Wellington.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za