Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkskeppingsprojekte vorder fluks

Werkskeppingsprojekte vorder fluks
 
2006-12-14

David Joshua

DIE twee werkskeppingsprojekte (porseleinpoppe en kruie-olies) wat vroeër vanjaar by Sonop Primêr in Klein Drakenstein afgeskop het, vorder fluks.

Opleiding om met die porseleinpop-vervaardiging te kon begin, is ver gevorder, en die vestiging van ’n kruie-kwekery het gestalte gekry.
Skoolhoof Gregory Lawrence is nie bietjie trots op die inisiatiewe by die skool nie.

“Die begindae was maar gevul met twyfel, onsekerheid en angstigheid soos wat die omvang van die idee gegroei het. Ons glo egter in lewenslange leer en moedig die ontluikende entrepreneurs aan.

“Die samewerking met die ander vennote en rolspelers is baie goed en dis wonderlik om die verandering in die deelnemers se houding waar te neem.”

“Hul fokus het verander na een van groter samewerking en vertroeteling van hul produkte én meer,” het Gail Jacobs sy woorde beaam.

Sy is van Local Business Centres (LBC), ’n instansie wat van bestaande biblioteekdienste gebruik maak om ’n toeganklike inligtingsnetwerk vir kleinsakelui daar te stel.

Die projekte is goed op dreef om suksesvolle, selfsorgende besigheidseenhede te word, nadat die Nasionale Ontwikkelingsagentskap (NDA) R800 000 beskikbaar gestel het vir ’n jaar.

Dié twee projekte is geïdentifiseer as die mees lewensvatbare weens die groeiende belangrikheid in die kruie-oliebedryf wêreldwyd en pogings vanaf owerheidskant om die industrie landwyd te bou.

Daar is ’n groeiende aanvraag na olies vir gebruik in massering, medisinale gebruike, seepvervaardiging, velrome en dies meer.

Rolspelers by die projekte is Library Business Corners, Drakenstein en Weskus Wynland Munisipaliteite, die Departemente Gemeenskapsontwikkeling, -Onderwys en -Arbeid.

“Die besighede is nou al nege maande aan die gang, wat seker simbolies is met die geboorte van ’n baba, omdat die meeste van die tyd tot dusver gebruik was om ons voorbereidingswerk te doen voor lewering van produkte,” vertel Jacobs.

Gemeenskapsveldtogte, die aanstelling van besigheidsverskaffers, identifisering van vaardighede en opleiding, produkte en die vestiging van netwerke met owerhede (Drakenstein Munisipaliteit en die Departement van Arbeid), was almal deel van die afgelope tyd se werksaamhede, het sy bygevoeg.

“Die Distriksmunisipaliteit het bykomstige fondse beskikbaar gestel vir die aanplant en besproeiing van plante.Tans onderhandel ons met Drakenstein Munisipaliteit om grond in die Gouda-omgewing te bekom vir verdere aanplanting van plante uit die kwekery,” het Jacobs ook gesê.

Die vroue betrokke by die porseleinpoppe is opgelei in verskeie aspekte van patroonontwerp en -sny, stik, opstop en verf.
Van die pragtige poppe wat klaar is, wag nou angstig om aangeneem te word.
. - David Joshua



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za