Jong rugbyspelers steek kers op by Kiwi-kliniek
2006-12-14
SPELERS van groot rugbyspelende skole in die Paarl gaan eersdaags ’n kursus deurloop by die akademie van die All Black-legende, Murray Maxted.
Maxted het onlangs die Paarl besoek en ’n saal vol plaaslike rugby-afrigters toegespreek oor sy International Rugby Academy New Zealand.
Maxted, wat ook ’n bekende rugbykommentator is, se besoek is geborg deur die plaaslike sakeman, Wiekus Viljoen.
Die oud-Kiwi-speler se akademie bied kursusse vir rugbyspelers (15-18 jaar) sowel as afrigters aan.
Kursusse wat daarop gemik is om potensiële professionele rugbyspelers op alle gebiede van dié sport te ontwikkel, word ook aangebied.
Afrigterskursusse vir skool- tot professionele vlak word ook aangebied.
Ander bekende rugbyspelers wat ook insae het by die akademie is Sean Fitzpatrick, Ian Jones, Nick Mallett, John Eales, Grant Fox, Tim Horan en David Campese.
Terwyl een Paarlse skool reeds twee spelers geïdentifiseer het wat volgende jaar die akademie gaan bywoon, is daar sprake dat ’n ander skool ook die akademie gaan besoek wanneer drie van sy spanne in 2008 na Nieu-Seeland toer.
“Met die Paarl wat van die top rugbyskole in die land het, het ek gedink dat daar in die toekoms spelers of afrigters uit die area is wat na die IRANZ kan gaan en daarby kan baat vind,” het Viljoen gesê.
More
News
|