Peoples gee Paarl-Oos slae
2006-12-14
DIE eerste span van GMT Paarl-Oos Krieketklub se treurmare duur voort nadat hulle Saterdag met drie paaltjies teen Young Peoples verloor het.
Paarl-Oos wen die loot en besluit om op sy tuisveld eerste te kolf. ’n Gebrek aan kontinuďteit in die kolforde het daartoe gelei dat geen goeie vennootskappe gematerialiseer het nie, met net die openingskolwer, Davids Stevens (52 4x6), Kurt Julius (20 4x1) op nommer drie en Craig Abrahams (61 4x4, 6x1) wat op nommer ses gekolf het, wat lopies kry.
Paarl-Oos behaal 163 almal uit, met die laaste paaltjie wat in die laaste beurt kantel.
Peoples se Lorenzo Jacobs het weer eens ’n eerste-klas vertoning gelewer en vyf paaltjies platgetrek. Hy het 44 lopies in sy 15 boulbeurte afgestaan.
Brendon Adams (3/30) het ook goed geboul.
Peoples behaal die 165/7 in die tweede laaste beurt, met Edwin Jacobs (30 4x3) en Dominic Daniels (97nun 4x8, 6x3) wat met die kolf inklim.
Elroy Abrahams (3/21 na 15bb) en Waylin September (2/37 na 15bb) het moedig die telling probeer verdedig.
Op Daljosafat Stadion was dit egter Young Peoples II (188/10) wat die knie voor Paarl-Oos II (223/7) moes buig.
Morné de Vries (59 4x7, 6x1), Jarrod Cupido (58nun 4x3), Werner Erasmus (24 4x3) en Burton Gouws (25nun 4x3, 6x1) het aan die totaal help bou.
Peoples se beste boulers was Calvern Tong (2/18 na 11bb) en Phil Adams (2/62 na 13bb).
Peoples se voorste lopiemakers was C Kuiler (39 4x5), J Cupido (20 4x3), Jermaine Williams (39nun 4x6) en Frans-Loots van der Merwe (36 4x4).
Die boulaanval van Paarl-Oos is deur Garth Lewis (5/38 na 10bb) gelei.
Die derde span wedstryd wat ook op Daljosafat Stadion gespeel is, het onbeslis geëindig.
Peoples behaal 232 waarvan 52 lopies wydlopers was. Ryan Davids (42 4x5), Gerswin Philander (31nun 4x3), Jarier Alexander (32 4x1) en Riaan Damonse (33 4x1, 6x1) het lopies gekry.
Paarl-Oos se beste boulers was James Green (2/20 na 7bb) en Roderick Allies (3/42 na 10bb).
Paarl-Oos kon slegs 183/8 aanteken, met Allies (44 4x6, 6x1), Ryan Jordaan (46 4x4) en Aurchill Duminy (27 4x3) wat goed kolf. Wayne Jacobs (2/27) en Ryan Davids 2/27) het met die bal uitgeblink.
Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) teen Paarl Krieketklub.
More
News
|