Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot tenisster vereer

Groot tenisster vereer
 
2006-12-14


DIE Paarlse tennislegende David Samaai (78) is onlangs vereer met ’n toekenning van Suid-Afrika se Heldesaal vir Sportsterre (Sashof).

Dié Paarliet was een van 56 sporthelde wat tydens ’n spoggeleentheid by Emperor’s Palace in Kemptonpark vereer is vir hul bydrae tot sport.

Samaai het in die apartheidsjare die Suid-Afrikaanse tennisbane aan die brand gespeel en is met die hulp van sy gemeenskap in 1951, 1954 en 1960 oorsee om in die Wimbledon tennistoernooi te speel.

Samaai het ’n boek met die geskiedenis van sy tennisloopbaan asook dié van al die ander ingelyfdes ontvang, saam met ’n geraamde plaket. ’n Borsbeeld van hom is ook nog op'pad.

Samaai se lewensverhaal sal saam met ander groot sporthelde soos Penny Heyns, Naas Botha en Gary Player in die eerste heldegalery vir Suid-Afrikaanse sport op Knysna pryk.

Dit is die eerste groep wat so vereer is, en ’n vereringsfunksie sal elke drie jaar gehou word.

Samaai is nog baie aktief in tennis en is tans die voorsitter van tennisontwikkeling in die Boland.

Hy tesame met sy broer Frank (ook ’n tennisafrigter) en die jonge Aden Demas, is tans besig met ’n projek om tennisafrigting deel te maak van die liggaamsoefening-periode by skole.

“Ons bedryf die projek al vir die afgelope twee jaar. Ons het in die begin op die ouers staat gemaak om die kinders na die tennisbaan te bring, maar dit het stelselmatig doodgeloop,” vertel Samaai.

Vandat daar egter deur die skole gewerk word, verloop dinge klopdisselboom.

“Ons fokus op kinders van graad een tot graad drie. Dié wat natuurlik talent het vir tennis word geïdentifiseer en ons leer hulle die nodige tennisvaardighede.

“Ná graad drie doen ons ’n beroep op die ouers en onderwysers om die kinders na die tennisbaan te bring waar hul spel verder ontwikkel kan word,” verduidelik Samaai.

Die projek word al reeds by William Lloyd Primêr en Groenheuwel Primêr bedryf, terwyl Samaai beoog om dit mettertyd by al die skole in Paarl-Oos in te stel. Die projek word deur die Internasionale Tennisfederasie ondersteun wat die kinders van rakette en balle voorsien.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za