Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwyser vertel wolhaarstories

Onderwyser vertel wolhaarstories
 
2006-12-19


DIE opvolgberig in die Paarl Post van 14 Desember oor die onderwyser wat nou gesoek word oor geld het die wind heeltemal uit my seile gehaal.

Die man het dan die vorige week die voorblad in die koerant gehaal en terstonds vertel hoedat hy gekaap is en gedwing was om na die N1 te ry waar hy van bykans R30 000 beroof is.

Sy storie oor hoe hy vir sy lewe gevrees het, hoe kalm hy moes bly en nie die kapers in die oë moes kyk nie, was hartroerend en ek is seker die vallei was saam met hom en sy gesin dankbaar dat sy lewe gespaar was!

Helaas blyk dit nou dat dit alles wolhaarstories was wat hy uit sy duim gesuig het.

Om te dink dat almal, polisie en polisiehonde, kollegas en vriende saam in die gras na sy verlore motorsleutels help soek het in die bloedige warm son.

Wat het dan oor Ainsley Jacobs se lewe geloop dat hy homself skuldig gemaak het aan hierdie tipe gedrag en optrede en dit so kort voor Kersfees?

Is die man dan van sy trollie af om so ’n belowende onderwysloopbaan in sy maai te stuur en hoe moet die familie en kollegas wat hy so aan hul neuse rondgelei het, die res van die gemeenskap in die oë kyk?

Die week voor dié gebeure, het ’n ander onderwyser van Wellington weer jong meisies verlei met dwelm- en drankmisbruik.

Vir openlike skurkery en misdadige optrede is daar geen verskoning nie. Die onderwysowerhede behoort ernstig te kyk na werkende en meer suksesvolle ondersteuningsprogramme aan onderwyslui om die geweldige stresvlakke en werklading van onderwysers in die breë aan te spreek sodat hierdie mense se koppe nie uithaak en onmeetbare skade aan geliefdes, kollegas en die gemeenskap aanrig nie.

Hulle beklee immers vertrouensposisies.

Meneer Onnie



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za