Kies versigtig as jy aanbou
2006-12-19
DUUR eiendomspryse noop baie kopers om kleiner eiendom te koop met die oog daarop om later aan te bou.
Maar hulle moet bedag wees op moontlike slaggate, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.
Die eerste slaggat is dat hulle in ‘n gebied met kleiner huise op klein erwe koop. Dit is heel waarskynlik dat soneringsbeperkings wat die grootte van geboue relatief tot erfgrootte bepaal, hulle planne om aan te bou in die wiele gaan ry.
“Tweedens, selfs in gebiede waar sulke beperkings nie van krag is nie, moet die aangeboude huis by ander huise in die buurt pas om te verseker dat die eienaar se bykomende belegging in die eiendom nie verlore gaan wanneer hy die dag besluit om te verkoop nie.
“Dit is baie maklik om ‘n eiendom te oor-kapitaliseer en te vind dat die koste verbonde aan verbeterings nie verhaal kan word nie,” sê hy.
Everitt skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat eienaars selfs in die gesondste mark nie verbeterings moet aanbring wat hulle eiendom se waarde met meer as 20 tot 25 persent van die heersende gemiddelde prys vir die buurt sal opstoot nie.
“En in ‘n stadiger mark moet hulle veral sorg dat hulle huis se waarde met daardie gemiddelde prys ooreenstem.”
En selfs kopers wat gelukkig genoeg is om ‘n kleiner huis te koop wat ná verbeterings by groter omliggende eiendom gaan inskakel, moet mooi dink oor die ontwrigting verbonde aan enige bouwerk, veral as hulle die huis tydens die bouproses gaan bewoon.
“Eienaars ontdek dikwels tot hulle spyt dat bouprojekte veel langer duur of meer
More
News
|