Residensiele eiendom bied groei vir beleggers
2006-12-19
DIE afgelope jaar moes eiendomskopers en -beleggers ‘n 20% styging in die rentekoers verwerk, sowel as ‘n afname in die hoeveelheid eenhede wat verkoop is, sę Bill Rawson, voorsitter van Rawson Properties.
Rawson voeg egter by dat die vertroue in die residensiële eiendomsmark hoog bly en dit het gelei tot ‘n verdere 8% tot 12% styging in pryse, afhangende van die geografiese area en prysklas, ten spyte van ‘n afname in eenheidverkope.
“Hierdie toenames in waarde, glo ek, sal vir die volgende twee of drie jaar voortduur.”
Hierdie voorspelling is baseer op die feit dat die Suid-Afrikaanse ekonomie goed bestuur word (die inflasiekoers bly steeds tussen die 3% en 6% teiken), ekonomiese groei sal naby 5% bly, en die regering spandeer nou geld aan behuising en infrastruktuur - nie net maatskaplike werk nie.
“Die aksie,” sę Rawson, “in die eiendomsmark, het duidelik geswaai na die laer en laer middel inkomstegroepe toe, waar eerste kopers nou baie sigbaar is en verbeterings aan eiendomme ook op ‘n gereelde basis plaasvind. Bogenoemde faktore lei tot baie bevredigende jaar-op-jaar groei.”
“Niemand kan voorspel presies wanneer en of ‘n afplatting gaan plaasvind nie. My raad is daarom aan ‘n belegger wat maksimum opbrengste soek, eerder as ‘n langtermyn belegging, nou eiendomme in die kategorie van R2 miljoen-plus moet verkoop, op voorwaarde dat hulle die winste in eiendomme herbelę. Enige eiendom onder R1 miljoen, bly egter steeds ‘n baie goeie beleggingsbesluit.
“Mense vra my gereeld of dit teen die huidige prysvlakke wys is om die middel en boonste markte te koop, en of dit beter is om te huur en hul ekstra geld te belę.
“Laasgenoemde opsie hou tans heelwat voordele in, en indien die individu besluit om by eiendom te bly, kan die ekstra geld gebruik word om in die laer mark te belę.
“Soos ons reeds voorheen aangedui het, toon die meeste eiendomme onder R700 000 steeds heelwat beter groei, aangesien die kulturele integrasie wat hier (in die beter voorheen benadeelde areas) plaasvind pryse ‘n verdere hupstoot gee.”
More
News
|