Laaste kans vir kinders
2006-12-19
DIE Paarl Post Opelugfonds se fondsinsameling vanjaar sluit af met ’n groot skenking van die Paarl Post self - ’n hele R7000.
Saam met ’n anonieme skenking van R200 sluit vanjaar se veldtog dus af met die mooi totaal van R11 570,94.
Die Paarl Post het ’n verdere R3000 geskenk aan die Paarlvallei Kinder- en Gesinsorgvereniging.
Lesers word gevra om nog voor Kersfees by te dra vir die Fonds se opvoedkundige aksies onder behoeftige kinders. Dit word deur die ACVV se maatskaplike werkers bestuur.
Kinders word deur die Opelugfonds betrek by kampe en seminare waar aandag gegee word aan misdaadvoorkoming, gedragsopvoeding en bewusmaking van die gevare van dwelms en Vigs.
Elke skenking, hoe klein ook al, word verwelkom en word in die plaaslike gemeenskap teruggeploeg.
Stuur bydraes aan Paarl Post Opelugfonds, Posbus 248, Paarl 7,620. * The Paarl Post Fresh Air Fund which raises funds for educational activities for local children.
More
News
|