Gesprek sonder grense
2006-12-20
Gelamineerde hardeband, 343 bladsye Prys R215 (BTW ingesluit) Bestellings by Protea Boekhandel, Stellenbosch, tel 882-9100 of e-pos ls.protea@mweb.co.za
JOHAN DEGENAAR, internasionaal-bekende Suid-Afrikaanse filosoof, word vanjaar tagtig.
As die ‘Sokrates van Stellenbosch’ en voorstander van die oop gesprek, was hy een van die belangrikste Afrikaanse kritici van die apartheidstaat.
‘Gesprek sonder grense’, vandeesmaand vrygestel, weerspieël die groot belangstellingswêreld van hierdie buitengewoon interessante en geïnteresseerde mens.
Die boek bevat boeiende filosofiese essays. Maar vanweë Degenaar se belangstelling in die kuns en literatuur is bydraes ook gelewer deur skeppende skrywers soos Karel Schoeman, Antjie Krog, André P Brink, Mark Behr, Hennie Aucamp, Abraham H de Vries, Lina Spies, George Louw, Fanie Olivier en MM Walters.
Die boek is in effens groter letters as normaalweg gedruk, sodat alle lesers, maar veral die filosoof op 80 en sy tydgenote, die bydraes met gemak kan lees.
More
News
|