Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Helping Hands gee Kersete

Helping Hands gee Kersete
 
2006-12-20


Die Helping Hands gemeenskapsdiensorganisasie in die Paarl het Donderdag aan sowat 500 kinders ’n Kersete verskaf in die Daljosafat gemeenskapsentrum deur hulle Fairyland-projek.

Kersfees is vir die kinders in die agtergeblewe gemeenskap iets gemaak om te onthou, want die ete is opgevolg met waatlemoen en elkeen het ook ’n koffiebeker gevul met lekkergoed ontvang.

Helping Hands is in 1997 deur Millicent Wells gestig as ’n naaldwerkgroep in haar huis, maar het gegroei tot gemeenskapsgroepe met verskillende gemeenskapsprojekte.

Elke Woensdag word sop en brood verskaf aan die kinders en werkloses in die hulpbehoewende gemeenskap. Saam met Millicent is die ander lede wat weekliks die taak aanpak Cynthia Solomon,
Deaan Wells, Lizzie Basson, Minnie Pietersen en Elize Sampson, wat ook vir die Kersfunksie verantwoordelik was.

“Ons beplan om volgende jaar weer so te maak en dit uit te brei na die Groenheuwel-omgewing. Ons het goeie ondersteuning van mense en instansies gekry om vandag se funksie suksesvol te maak en sê hiermee baie dankie om dié behoewende mense te help,” het

Johanna Muller, wykraadslid vir Fairyland, gesê. Sy het al hul borge bedank insluitend die Landbank. - David Joshua



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za