Paarl-Oos vertoon goed
2006-12-20
DIE GMT Paarl-Oos Krieketklub se eerste span het Saterdag teen Paarl uitgedraf op New Orleans se velde.
Paarl wen die loot en besluit om eerste te kolf.
Paarl teken 109 lopies vir 10 aan. Kolwers met 20 en meer is E Jansen (20, 4x3) en Carel Crotz (21 4x2).
Paarl-Oos se beste boulers was Elroy Abrahams (12/2 na 12bb), Craig Abrahams, (31/4 na 12bb) en Zynodien Fredericks (22/3 na 10bb).
Paarl-Oos behaal hierna 110 in 42 beurte. Die uitblinkers is Manfred de Kock (21, 4x2), Kurt Julius (43 nun 4x5) en Waylin September (36, 4x4).
Die tweede spanne het op die Parys-velde teen mekaar te staan gekom.
Paarl kolf eerste: 244 almal uit. Die beste kolwers is Lindsey vd Berg (155, 4x6) en Hein Adonis (24).
Die beste boulers is Justin Watts (51/14 na 33bb), Wayne Mienies (64 na 25bb), Dane Schoor (2/27 na 6bb). Paarl sluit op 153 vir 9.
Die beste kolwers vir Paarl-Oos is Dane Schoor (21, 4x2) en Garth Lewis (30, 4x5).
Paarl se beste bouler is F Jacobs (4/30 na 15bb).
Die wedstryd eindig onbeslis.
Paarl-Oos begin weer op 6 Januarie wanneer die 1ste span weg speel teen Vredenburg Saldanha. Die tweede span speel tuis op New Orleans teen dieselfde klub.
More
News
|