Rall agter tralies vir Kersfees
2006-12-20
DIE beweerde bedrieër van Wellington, Colin Rall, sal Kerstyd agter tralies bly sit, nadat sy borgaansoek weer eens uitgestel is.
Rall word saam met sy vrou, Merinda, aangekla van bedrog van R200 000, ’n belegging in hul sogenaamde promosiemaatskappy, ProRugby.
Rall sou Maandag in die Wellington landdroshof om borg aansoek doen, maar nadat nog ’n lasbrief vir bedrog in Bellville vir hom uitgereik is, is die saak uitgestel tot 12 Januarie.
More
News
|