Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliete gestraf in Hooggeregshof

Paarliete gestraf in Hooggeregshof
 
2006-12-20


TWEE Paarliete is onlangs skuldig bevind ná die gru-moord op ’n vrou op Oukersnag 2003.

Die liggaam van Caroline Esau (29) van die plaas Morningside, Suider-Paarl, is op Kersdag half naak buite die KPA-kwekery in Suider-Paarl ontdek.

Sy is 11 keer met ’n mes gesteek en haar kop is met ’n boublok vergruis.

Kort na Esau se lyk gevind is, is Denzil Shedley (25) en Felix Claasen (20) naby die International Hotel in hegtenis geneem.

Claasen was tydens die voorval 17 jaar oud.

’n Derde persoon, Johan Davids, was ook aangekla op die moord, maar is later vrygelaat weens onvoldoende getuienis teen hom.

Shedley is in die Hooggeregshof skuldig bevind aan moord en onsedelike aanranding en is gevonnis tot 22 jaar tronkstraf, terwyl Claasen op verkragting skuldig bevind en tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Die ondersoekbeampte, insp Jason Petersen, het sy tevredenheid oor die straf uitgespreek en het die publiek gewaarsku dat indien hulle hul tot misdaad wend, hulle teen die volle mag van die gereg te staan sal kom.

* Two men have been sentenced in the Supreme Court after having been found guilty of the murder of a woman on Christmas Eve 2003.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za