Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reeksverkragter vas

Reeksverkragter vas
 
2006-12-20


’n PAARLIET, Jakob Kamfer van Corneliusstraat 13, is Vrydag in die streekhof skuldig bevind op verskeie aanklagte van verkragting.

Nadat die saak ’n paar jaar gelede begin is, is die verhoorlanddros van Wynberg doodgeskiet en moes die saak van vooraf voor ’n ander landdros gedoen word.

Kamfer is skuldig bevind dat hy ’n 15-jarige meisie in Idasvallei verkrag het en daarna met toue tussen bome vasgemaak het aan haar nek, polse en bene.

Hy het haar so gelos, maar sy het losgewoel en gaan hulp soek op ’n plaas.

Verder is hy ook skuldig bevind dat hy, terwyl hy taxi bestuur het, ’n vrou opgetel het en onderneem het om haar vir R10 na Saron te neem.

Naby die leerlooiery buite Wellington het hy van die pad afgedraai en haar onsedelik aangerand en toe verkrag. Sy het gevlug.

Die hof het ook bevind dat die beskuldigde by ’n ander geleentheid ’n jong vrou in Atlantis eers dronk gemaak het en haar toe drie keer verkrag het.

Hy het haar die heeltyd gedreig dat hy haar sal doodsteek en in ’n sak sal gooi. Toe hy aan die slaap geraak het, kon sy in die badkamer gaan skuil en later deur ’n venster na veiligheid spring.

Die saak is deur streeklanddros Ross vir vonnisoplegging verwys na die Hooggeregshof.

“Die Wet is duidelik. So ’n persoon kan lewenslange tronkstraf kry, en daarom word die saak vir vonnis na die Hoër Hof verwys,” het die landdros gesê.

* A Paarl man has been found guilty of multiple rape.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za