Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Slimkoppe skitter

Slimkoppe skitter
 
2007-01-11


MEISIES is beter met die boeke as seuns. Dit het drie plaaslike skoliere bewys toe hulle onder die Top 20 matrikulante in die Wes-Kaap geskitter het.

Nadine Spies van Hugenote Hoęr was vierde op die ranglys van uitmuntende matrikulante, met Maryke Thom en Chantél Bredenhann van La Rochelle onderskeidelik sesde en vyftiende.

Nadine het ‘n slaagsyfer van 109,5% behaal, met A-gemiddeldes van tussen 88% en 100% (vir Rekeningkunde).

Haar agt vakke was Engels en Afrikaans (albei Eerste Taal), Wiskunde, Bedryfsekonomie, Rekeningkunde, Duits en twee Musiek-vakke.

Nadine gaan vanjaar aan die Universiteit van Stellenbosch uit die koshuis Monica die graad B-Rek studeer, met vioollesse by die musiekkonservatorium. Sy wil ook in die US simfonie-orkes speel en met haar Duits aangaan.

Maryke het met 108,95% A-gemiddeldes van tussen 91% en 100% (vir Wiskunde) vir haar agt vakke behaal.

Haar klasmaat Chantél Bredenhann het met 106,9% A-gemiddeldes tussen 87% en 99% behaal in haar sewe vakke.

Soos Maryke was haar vakke Afrikaans en Engels (Eerste Taal) , Wiskunde, Natuur-en Skeikunde, Biologie en Rekeningkunde, alles op hoër graad. Terwyl Maryke onderskeidings in Musiek ontvang het, het Chantél in Frans uitgeblink.

Maryke gaan op Stellenbosch uit Harmonie B.Sc. studeer en verder vioollesse neem, terwyl Chantél aan dieselfde universiteit uit Lydia-koshuis B.Rek. LL.B. gaan studeer.

Waar het die meisies tyd gekry om te slaap en te speel?

Nadine het deur die jaar saans so sewe uur se slaap probeer inkry, soms moeilik met skoolwerk, vioollesse in die Kaap waarvoor sy tot ses uur per dag moes oefen, Duits in die Paarl, klavier,
redenaarskompetisies, hokkie, CSV, ‘n sosiale lewe en deelname aan Mej Hugenote (waar sy eerste prinses was).

Sy vertel haar boetie het haar fiks gehou deur saam te draf, haar suster is saam gimnasium toe en haar vriende het saamgestap om die Perdeskoen.

Maryke sę: “Eintlik het ek op die akademie gefokus. Vir die finale eksamen het ek heeldag gewerk, van agt uur soggens tot sewe uur saans, met drie kort onderbrekings.”

Ontspanning was bestuurslesse, wat vrugte afgewerp het toe sy drie dae nadat sy haar laaste vak geskryf het, haar bestuurderslisensie gekry het.

“Nou hoef ons nie meer te sę, los my uit, ek is te besig nie. Nou het ons uiteindelik tyd om, as die regte ou verbykom, vir hom te kan tyd en plek maak,” het Nadine en Maryke hierdie week geglimlag.

Chantél, wat tans in Gauteng vakansie hou, het al drie jaar ‘n vaste vriend en sy glo dat daar tussen die skoolwerk plek gemaak moet word vir ‘n sosiale lewe.

Sy het nie net eerste span hokkie gespeel nie, maar was ook kaptein van die Boland debatspan.

“Die finale uitslae is nie net wat in die laaste weke gedoen word nie.
"Dit is die klimaks van jare se werk. By La Rochelle word klem gelę op die balans tussen sport, kultuur en akademie.”

Nadine en Maryke stem saam.

“Jy kan net soveel self doen. Natuurlik moet ‘n mens elke dag werk, maar die Here dra jou. Daar kan soveel verkeerd loop, soos ‘n siekte tydens die eksamen of ons groot bekommernis, dat daar fout kon kom met die merk van die vraestelle.”

* Three local matriculants on the Western Cape Top 20 list are girls from Paarl and Wellington. (see page 10 for A candidates).



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za