Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Terug skool toe 'n duur affere

Terug skool toe 'n duur affere
 
2007-01-11


DIE feestyd is verby en na die lang vakansie word ouers se sakke weereens geruk - dié keer nie vir geskenke nie, maar vir skoolklere en skryfbehoeftes.

‘n Basiese skooluniform (wit hemp, grys broek/rompie, skoene en wit sokkies) se prys wissel van R80 tot R400.

Graad agts se basiese drag kan tot meer as ‘n R1 000 beloop, hoofsaaklik weens die hoë koste van baadjies.

Skoolskoene is nog ‘n las vir die beursies van ouers. Kinders van ‘n jong ouderdom dra skoene nie langer as ses maande nie en die pryse van groter skoene wissel van R90 by tot R400.

Sekere skole vereis dan ook nog spesiale drag en bykomstighede wat pryse net hoër laat styg by handelaars.

Om hoë kostes te vermy kan items wat vinnig te klein gaan word, goedkoper aangeskaf word by kettingwinkels of die skool se “klerebank”.

* Going back to school can be an expensive affair for parents.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za