Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunskalender

Kunskalender
 
2007-01-11


Oude Libertas: ‘Everybody Else (Is F#@king Perfect)’ met Grant Swanby, Leigh Bremridge, Eve Szapira en Rory Acton-Burnell is ’n skitterende komedie oor lewe in suburbia. Dit is op die planke op Stellenbosch op 11, 12 en 13 Januarie.

Dans: Jazzart word in 2007 mondig en vier die gebeurtenis met ’n reeks nuwe, korter werke op 18, 19 en 20 Januarie by Oude Libertas.

Komedie: ‘Skelmstreke’ van Moliére, vertaal deur Bartho Smit en aangepas deur Sandra Temmingh, word op 24, 25, 26 en 27 Januarie by Oude Libertas opgevoer.

Konsert: Op 28 Januarie om 18:00 tree pianis Vladimir Milosvic en violis Avigail Bushakovitz by Oude Libertas op.

Mozart: Maniese Mozart Manewales! vier op indrukwekkende wyse die geboorte van Wolfgang Amadeus Mozart by Oude Libertas, maar dis nie strikdas klassieke musiek nie. Dis lewendig, dis speels, dis rock, dis jazz, dis hier, dis nou! Op 1, 2 en 3 Februarie om 20:15 met Jannie Moolman, Karen Meiring, Rory Rootenberg, Nicole Holm en Lize Beekman.

Wilderers: Every first Sunday of the month (12:00 to 17:00) the Winelands Safari Dixie Band will entertain visitors at Wilderers, the award-winning distillery/restaurant in Simondium. Book at 863-3555 or info@wilderer.co.za.

Spaans: Flamenco en Spaanse dans is ’n instelling op die Oude Libertas somerseisoen se program. Die La Rosa-geselskap word bygestaan deur internasionale dansers op 7, 8, 9, 10, 13, 14, 15, 16 en 17 Februarie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za