Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nouveaufees herleef

Nouveaufees herleef
 
2007-01-11


NA die uiters suksesvolle Vatwynproefees wat hulle onlangs gesamentlik op die Nelson Wynlandgoed aangebied het, beplan nege wynkelders van die Windmeul streek in Agter-Paarl om nuwe lewe in die Paarl Nouveau Wynfees, wat toentertyd in die Paarl gehou was, te blaas.

Nouveau Wynfeeste word in ander dele van die wêreld kort na die oes gehou om die seisoen se nuwe wyne ten toon te stel.

Die Paarl Nouveaufees wat voorheen jaarliks bo-op die Paarlberg gehou was is gestaak, onder andere vanweë die moeilike toegangspaaie.

Die fees gaan op Saterdag 24 en Sondag 25 Maart 2007 aan die voet van die Paarlberg te Rhebokskloof gehou word.

“Ons bring die fees berg-af”, verduidelik Vernon Cole, die voorsitter van Pearl’s Gate, “en ons beplan ‘n fees van formaat!

“Alle aanduidings is dat die komende seisoen ‘n uitstekende oesjaar gaan wees vir die maak van gehaltewyne en ons sal van die geleentheid gebruik maak om weereens die uitstekende wyne van ons streek aan die publiek ten toon te stel.”

Pearl’s Gate bestaan uit nege wynkelders in die Windmeul streek (Bernheim; Boland; Crows Nest; Nelson; Ridgeback; Rhebokskloof; Rose Garden; Under Oaks en Windmeul) wat ‘n strategiese alliansie aangegaan het om hulle mini-wynstreek te bevorder.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za