Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tonne pret by Simondium Piekniekfees

Tonne pret by Simondium Piekniekfees
 
2007-01-11


BESOEKERS aan die tweede Kaap Kontrei Piekniekfees kan weer eens uitsien na ’n wonderlike naweek. Die fees word op 23, 24 en 25 Februarie by Bien Donné in Simondium gehou.

Feesgangers kan hul eie piekniekmandjies, komberse, eetgery, stoele en sambrele saam neem. Daar word egter geen kos of drank toegelaat by die hekke nie. Koop jou piekniekhappies, kos en wyn van ’n groot verskeindenheid kos- en wynstalletjies. Feestelike en klassieke musiek sal gespeel word.

Die fees skop af met ’n skemerkonsert deur ‘Drie van die Beste’ - Matthys Roets, Danie Niehaus, Kevin Leo en hul orkes op Vrydagaand 23 Februarie.

Kaartjies vir dié konsert is R80 per persoon. Hekke maak om 16:00 oop en die vertoning begin om 20:00.

Saterdag 24 en Sondag 25 Februarie is piekniekfeesdae. Die musiekgroepe Zamar, Eclips, Playing with Fire, JazzAttac en Two Amigos sal in aksie wees. Kaartjies vir die dae kos R45 per persoon per dag. Hekke open om 11:00. Daar is deurlopend musiekvertonings en Zamar begin om 18:00.

Kleuters sal die kleinspan-area onder die wakende oog van kinderoppassers kan geniet, terwyl die jonges hulself in ’n mini-pretpark kan vermaak.

Vir die geesdriftiges is daar ’n uitdagende klimmuur en hoë boom om met harnasse en toue uit te klim.

By die piekniekspele kan besoekers deelneem aan tradisionele speletjies. Ander aktiwiteite sluit in ’n prettrap (5km/10km) ‘paintball’ en ‘quadbikes’.

Navrae: Cadek Media 0861-222-335 of besoek www.piekniekfees.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za