Wingerdfees vang gees
2007-01-11
DIE Paarl Wingerdfees is vanjaar terug met ’n groter en beter program.
Op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart gaan die musieknote weerklink in Faurestraat-stadion.
Nuwe gesigte op die kunstenaarslys is Kurt Darren, Nicholis Louw, Hugo & Band en Juanita du Plessis.
Ou gunstelinge soos Alana Burger, die Jakkie Louw Band, Christo & Cobus, die Campbells en Thys die Bosveldklong maak ook weer hulle buiging.
Buiten die hoofverhoog, sal daar ook ’n tweede verhoog wees met Nadia & Groep, Nadia Louw en De Kazinz.
Daar sal meer wynstalletjies wees asook ’n behoorlike kunsmark. Die helfte van die veld gaan ook onder skadunet gesit word.
Skakel 084-207-4444 vir stalletjiebesprekings.
More
News
|