Konferensie
2007-01-11
DIE bekende teoloog prof Malan Nel van Pretoria, skrywer van die kursus “Getroue Getuies”, besoek Paarl gedurende die naweek van 20-21 Januarie.
Hy sal op die Saterdag van 09:30 tot 16:00, ’n dagkonferensie oor geestelike vernuwing en albei eredienste op die Sondag in die NGK Drakenstein aanbied.
Mense wat die dagkonferensie wil bywoon, moet die kerkkantoor vóór Woensdag kontak (koste R25 vir verversings is betaalbaar). Vir navrae, skakel die skriba Marietjie Vermeulen by 872-8242.
More
News
|