Verkeersman skok
2007-01-11
NET soos klagtes oor polisiemanne wat verkeersreëls oortree om wegneemhoender te koop soos in ‘n onlangse brief gekla is, is dit vir my baie onstellend as ek ‘n verkeersbeampte sien wat nie die verkeersreëls nakom nie.
So is daar ‘n beampte wat ek in New Orleans sien ry sonder sy veiligheidsgordel - besef hy nie dat hy die voorbeeld moet stel nie? Ek het hard geleer hoekom ‘n gordel gedra moet word.
Toe ek klein was het my pa se kar voor die garage gestaan en as dit moet ingetrek word het hy sy gordel aangesit, en ek het altyd gelag vir hom.
Toe was ek in 2005 in ‘n ongeluk betrokke. Ek het by die venster uitgerol omdat ek nie vas was nie.
Die kar is afgeskryf en ek was amper ook ‘n “write off”. Harde les geleer.
More
News
|