Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vigsburo het inligting op CD

Vigsburo het inligting op CD
 
2005-05-12

Engela Duvenage

AS deel van Vigs Herdenkingsdag, wat Sondag węreldwyd deur veral kerkgroepe gevier word, het die Christen Vigsburo vir Suidelike-Afrika (Cabsa) pas ’n CD met meer as 150 inligtingsdokumente oor die Vigs-pandemie bekend gestel.

“Dit bied vir jou heelwat inligting wat beskikbaar is oor MIV en Vigs op die internet, en spaar jou dus die moeite om self daarvoor te moet gaan soek,” verduidelik ds Nelis du Toit, bestuurder van die Vigsburo op Wellington.

Die Vigsburo is ’n nie-winsgewende organisasie wat onder die vaandel van die Hu genote Kollege daarna streef om kerke en geloofsgemeenskappe sensitief te maak in hul reaksie op MIV en Vigs, deur hulle in te lig, deur werkswinkels te bemagtig en binne ’n netwerk te mobiliseer. So kan daar hoop en versoening vir MIV-geďnfekteerdes en geaffekteerdes wees.

Met die tema “Geroep om ’n verskil te maak” bevat die CD ’n wye verskeidenheid inligting.

Dit wissel van inligting oor die ontstaan van die rooi Vigslintjie tot verskillende kerkgroepe se standpunte oor die hantering van die pandemie vind.

Dit is gebruikersvriendelik en bring talle statistieke en inligting oor voorkoming en sorg wat ideaal is vir voorligting byeen, asook teologiese besprekings oor kwessies soos die stigma rondom die siekte, en die impak op vroue en kinders.

Dit bevat voorstelle vir preektemas en verskillende aksies waardeur praktiese gemeentebediening oor dié kwessie nagestreef kan word.

Daar is ook ’n spesifieke fokus op voorstelle vir die viering van Vigs Herdenkingsdag in Mei en Internasionale Vigsdag op 1 Desember.

Die verhale van kerkgroepe wat reeds die uitdaging aangryp om ’n verskil in die Vigslandskap te maak, word ook vertel, asook dié van 32 Vigsslagoffers en hul families.

Die 100MB CD is ’n brondokument wat inligtingsmateriaal van tientalle organisasies wat op die internet beskikbaar is, bymekaarbring.

Dit sluit onder meer UNAIDS en die Węreldgesondheidsorganisasie (WHO) in, asook materiaal wat deur die Vigsburo self ontwikkel is.

Dit bevat ook kontakbesonderhede en inligting oor enkele organisasies wat in die veld betrokke is.

Volgens ds Du Toit is dit ’n ideale verwysingsbron vir predikante, gemeenteleiers, gemeenskapsleiers, onderwysers, leerders, studente en enige persoon wat meer inligting oor MIV en Vigs wil weet.

Die produksie van die CD is moontlik gemaak danksy die steun van die vrouelidmate van die NG Kerk Wes- en Suid-Kaap. Dit kos slegs R35 (R47 vir posbestellings).

Die inleidende inligting van elk van die nege afdelings word in Engels en Afrikaans aangebied, terwyl talle inligtingsdokumente net eentalig verskaf word.

Vir meer inligting, kontak die Vigsburo by 873-0028 of e-pos management@cabsa.co.za. Besoek gerus ook www.cabsa.co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za