Sport Dagboek
2007-01-11
* Young Gardens Rugbyklub begin Dinsdag op die New Orleans veld oefen. Oefeninge geskied op Dinsdae, Woensdae en Donderdae vanaf 18:00. Alle nuwe spelers is welkom. Navrae: Godfrey Gertze (084-618-9072) en Davey de Kok (078-395-8736).
* Young Standards Rugbyklub hou op Sondag 21 Januarie om 14:00 sy algemene jaarvergadering by Ebenezer Primêre Skool. Navrae: André Jonker 082-660-1914.
* Die Paarl Sokkerklub hou sy algemene jaarvergadering op Woensdag 24 Januarie om 19:30 by die klubhuis. Navrae: Lindsay van der Berg 084-513-1474.
* Atlete wat vanjaar vir die Paarl Atletiekklub wil deelneem kan nou hul registrasienommers koop. Nommers teen R80 (seniors) en R30 (juniors) is beskikbaar by Ronel Beukes (Pleinstraat 11, 083-232-2833) of Gary Bernhardt (Rooseveltstraat 6, 082-925-4733 ná 17:00). Grootmeesters betaal geen fooi nie.
* Young Peoples Rugbyklub het reeds sy voorseisoense oefening begin. Belangstellende spelers kan Dinsdae en Donderdae om 18:00 by die Daljosafat Stadion aanmeld. Navrae: J Heyns (084-207-7535) of C Anderson (073-520-3778).
* Die Paarl Rugbyklub hou Dinsdagaand om 18:30 sy eerste amptelike oefening op die Faurestraat Stadion. Alle nuwe spelers, veral o.20 spelers, is baie welkom. Navrae: Frans 872-3317.
* Die Paarl Korfbalklub se oefening begin Dindag. Spelers van alle ouderdomme asook beginners is baie welkom. Oefeninge is Dinsdag- en Donderdagaande om 19:00 by die bane van Hoërskool La Rochelle. Navrae: Nicolette (870-4077 of 084-245-9281).
* Die ACVV in Bellville hou op 20 Januarie om 06:30 ’n pretstap oor 5km en 10km. Drawwers is ook welkom. Navrae: Mevv Koen of Louw by 948-6085.
* Die 19de Ontbyttrap word op 27 Januarie deur Die Wingerd Pre-Primêre Skool in Somerset-Wes aangebied. Fietsryers het ’n keuse van drie afstande: 63km, 'n 40km en 14km roete. Navrae: Louise Scheepers (021) 855-1310 of 072-309-3340 of Annerina Groenewald 083-232-0596.
* The UWC Athletics Club will host its 16th annual Discover a Star meet for track and field athletes at the UWC Sports Stadium. This event wil cater for the able as well as disabled or physically challenged athletes.
More
News
|