Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos begin nuwe jaar so-so

Paarl-Oos begin nuwe jaar so-so
 
2007-01-11


DIT blyk die manne van Paarl-Oos Krieketklub moet nog die laaste van die feestyd se slaplê afskud.

Die eerste span het Saterdag op Vredenburg met ses paaltjies teen die tuisspan verloor.

Die Paarliete het 157/10 aangeteken op ’n mak blad waarop ’n telling van 180 lopies nie ’n onbegonne taak moes gewees het nie.

Twee ongevraagde uithardlope het egter die besoekers in die verknorsing gehad.

Kurt Julies (41 4x4), Craig Abrahams (31 4x2, 6x1) en Waylain September (20 4x2) het lopies gekry.

Die tuisspan se beste boulers was Dewald van Wyk (2/30) en Sakkie Fourie (3/18).

Vredenburg/Saldanha kry die wenlopies in die 51ste beurt, danksy uitblink-beurte deur Quinton Kannemeyer (62 4x4, 6x1) en Shane Summers (75nun 4x6, 6x1).

Paarl se Zynodien Fredericks wat slegs nege lopies in sy nege beurte afgestaan het, het baie ekonomies geboul.

In die Paarl het die tweede span ’n baie beter vertoning gelewer en die besoekers van die Weskus met 187 lopies geklop.

Die tuisspan se groot kanonne was Burton Gouws (64nun 4x8, 6x2), Dennis November (62 4x7), Werner Erasmus (53 4x11) en Garth Lewis (31 4x5).

Die besoekers se A Parring (4/48), D Smit (2/54) en R Kiwido (2/57) het goed geboul.

Die kolwers van Vredenburg/Saldanha word vir ’n skamele 96 uitgehaal, met slegs R Slambert (33 4x6) wat ’n dubbelsyfer-telling kon aanteken.

Gouws was ook die grootste uitblinker met die bal en het ses paaltjies platgetrek en net 32 lopies afgestaan in sy sewe boulbeurte.

Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) teen Brackenfell. Die derde span se wedstryde begin op 20 Januarie teen Van der Stel.

Oefening vir dié spelers begin reeds vanaand.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za