Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Thomas weer 25 Myl-koning

Thomas weer 25 Myl-koning
 
2007-01-11


DIE Paarliet Garth Thomas het op skouspelagtige wyse sy titel as koning van die 25 Myl verdedig tydens die onlangse Boxing Day fietsbyeenkoms.

Thomas het sy eindpoging goed beplan.

Toe nog ’n Paarlse ryer, Rèniell Matthysen, sy laaste naelrit sowat 250m voor die wenstreep begin, het Thomas hom soos ’n valk dopgehou en op sy wiel gesit.

Om die laaste draai het Thomas onder Matthysen uitgetrek en só die 25 Myl-wedren vir die vierde keer gewen.

Matthysen was tweede met die nuweling Juan du Toit (The Outriders) in die derde plek.

Die prestasie span die kroon op ’n baie goeie jaar vir die ryer van CSC/CVT.

Vandat Thomas by dié beroepspan aangesluit het, het sy fietsry van krag tot krag gegaan.

Onder sy hoogtepunte vir die jaar tel die titel van SA Madison-kampioen wat Thomas saam met sy CVT-spanmaat, Chris Willemse Jnr, verower het.

Die groot skare toeskouers en jonger ryers is ook deeglik bewus gemaak van die gevare van kompeterende fietsry, toe daar ’n groot botsing in die 1500m vir veterane was.

Beamptes en bekommerde ondersteuners het hulle op die baan - wat met bebloede ryers en beskadigde fietse besaai was - gehaas om die ryers te help.

Twee ryers is per ambulans na die medi-kliniek vervoer maar dieselfde aand nog ontslaan.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za