Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oesfees beplan vir Wellington

Oesfees beplan vir Wellington
 
2007-01-18


BESOEKERS aan Wellington kan hulself voorberei op die beste wat die goeie lewe kan bied van 23 tot 25 Maart wanneer die eerste Wellington Wynroete Oesfees aangebied word.

“Ons beplan ‘n naweek van goeie wyn, kos, pret en ontspanning,” sê Annelize Stroebel, Bemarkingsbestuurder van die Wellington Wynroete.

Lede van dié wynroete gaan alles uithaal om te sorg dat die streek se beste voet vir besoekers voorgesit word.

Kos- en wynliefhebbers kan hul dag begin deur hand by te sit met die oes van druiwe in die wingerd voor hulle ontbyt geniet aan die voet van die Groenberg.

‘n Rustige middaguurpiekniek in ‘n lowergroen weiveld bied ‘n blaaskans na ‘n rumoerige druiwetrap-sessie voor besoekers die dag afrond met ‘n heerlike fynproewersete in een van die streek se privaat kelders.

Sport- en buitelugentoesiaste kan uitsien na ‘n 21km padwedloop of 10km pretloop, boules, vierwiel-ritte, kleiduifskiet, fynbosstaproetes en trekkerritte in die wingerde.

Keldertoere en wynproe-sessies is aan die orde van die dag vir volwassenes, maar die kleinspan is ook baie welkom en verskeie lekker aktiwiteite word beplan om hulle besig te hou terwyl pa en ma ontspan.

Kaartjies teen R30 kan gekoop word by alle deelnemende plase en verleen besoekers toegang tot enige kelder vir die duur van die Fees en sluit ‘n komplimentëre wynproe in. Besprekings word aanbeveel.

Besoek www.wellington.co.za of skakel 873-4604 vir nadere besonderhede of stuur ‘n e-pos aan wine@wellington.co.za.

* Wellington wineries are to present a harvest festival from 23 to 25 March.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za