Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sterproduksie verleng speelvlak

Sterproduksie verleng speelvlak
 
2007-01-18


Die produksie ‘Bacchus in die Boland’ met regisseur Heinrich Reisenhofer en spelers Oscar Petersen en Chris van Niekerk (oom Francois van 7de Laan) is nog tot Saterdag in Kunstekaap Teater te sien na ’n suksesvolle speelvak by die Suidoosterfees.

Dit is ’n loslitkomedie van Bartho Smit wat handel oor die wel en wee van boer Adriaanse, sy bure, die dominee en werkersengele op sy plaas.

Bacchus, die wyngod, wil vir die sweepswaaiende Adriaanse ’n les leer. Die gevolge is komies, pittig en tog ook vol simboliek.

Dit kan nog vanaand en môreaand om 20:00 gesien word en Saterdag om 14:00 en 20:00.

Die ander stuk is die SBA/Kaapse Son Jokes Konsert met Stuart Taylor en Kurt Schoonraad in die Kunstekaap Arena.

Dit is ’n komediebredie met drie vars-uit-die-oond Afrikaanse komediante (soos met die hand uitgesoek deur Stuart en Kurt) en die twee manne self.

Dit skeer die gek, dit maak jou naam krater en het gehore laat skater gedurende die afgelope fees.

Lus vir lag tot die trane spat? Lag die Nuwejaar in met grapjasse uit die boonste rakke vanaand en môreaand om 20:15 en Saterdag om 14:30 en 20:15.

Bespreek by Computicket.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za