Bekendes by Wingerdfees
2007-01-18
KOOP jou kaartjies vir die Paarl Wingerdfees sommer nou reeds en maak seker jy is daar.
Toegangskaartjies teen R80 (studente R50, kinders R40) is reeds beskikbaar by Musiklood, Pêrel Sport en die Paarl Rugbyklub.
Nog verkooppunte sal volgende week aangekondig word.
Die fees vind op Vrydag 2 en Saterdag 3 Maart in die Faurestraat-stadion plaas.
Nuwe gesigte op die kunstenaarslys is Kurt Darren, Nicholis Louw, Hugo & Band en Juanita du Plessis.
Ou gunstelinge soos Alana Burger, die Jakkie Louw Band, Christo & Cobus, die Campbells en Thys die Bosveldklong maak ook weer hulle buiging.
Buiten die hoofverhoog, sal daar Saterdag vanaf 14:00 ook ’n tweede verhoog wees met Alana & Groep, Nadia Louw en Dikazzinz om besoekers te vermaak.
Vrydag se program begin om 18:00 met Alana, gevolg deur die Jakkie Louw Band, Kurt Darren, Nicholis Lous en Christo & Cobus, wat tot 24:00 optree.
Saterdag se ure is dieselfde, met Hugo & Orkes, die Campbells, Juanita du Plessis, Thys die Bosveldklong en Jakkie Louw Band.
Die organiseerders sê daar sal meer gesentraliseerde wynstalletjies wees asook ’n behoorlike kunsmark.
Verder gaan hulle die helfte van die veld onder skadunet sit teen die Paarl se warm somerson.
Mense wat belang stel in stalletjies, kan nou reeds 084-207-4444 skakel.
More
News
|