Leefstyl dagboek
2007-01-18
Dahliaskou: Die Wellington Dahliavereniging se skou word Saterdag om 14:30 in die Wellingtonse stadsaal gehou. Dit word deur die Drakenstein burgemeester, Charmaine Manuel, geopen, en toegang is R5.
Mark: 地 Heeldag kunsmark word op Sondag 27 Januarie in Wellington (Jan van Riebeeckstr 42) gehou. Navrae by 083-302-5506.
Gesinsnaweek: Die Kuilsrivier-Suid NG gemeente bied aan 地 gesinsnaweeek met Arnold en Joy Mol, van 16 tot 18 Februarie. Mol is 地 be-faamde bedryfsielkundige met 地 besonderse passie vir kinders, die huwelik en gesinne. Navrae of besprekings by die kerkkantoor, 903-3095 of epos info@suidkerk.org.za.
Compassionate Friends: Hierdie is 地 ondersteuningsgroep vir ouers (gesinne) wat 地 kind of kinders aan die dood afgestaan het. Hulle vergader elke eerste Donderdag van die maand om 18:00 aan huis van Carel en Rita Greyling in Groenleegte, Paarl. Navrae by 872-3613 of 083-228-1162.
More
News
|