Dagga gevind
2007-01-18
DWELMS ter waarde van ongeveer R4500 is verlede week gevind tydens ’n klopjag by ’n huis in Disastraat, Paarl-Oos.
Dagga, Mandrax en Tik is gevind nadat die polisie inligting opgevolg het in verband met onwettige bydrywighede by die huis.
In ’n ander optrede is ’n groot hoeveelheid dagga gevind toe die polisie ’n roetine-soektog op ’n plaas uitgevoer het.
Op Dekkersvlei in Klein Drakenstein is daar beslag gelê op sowat twee kilogram dagga, sowel as 11 dagga-bome.
Drie mans, Christopher van Wyk, Jeffrey Jacobs en Ruben Fareye, is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.
More
News
|