Barsie nou 'n gat
2007-01-18
GRAAG wil ek die Paarl Post lesers waarsku teen ‘n lang skraal man van tusen 25 en 30 met ‘n tassie wat u nader op die parkeerterrein van Paarlse winkels en u windskerm inspekteer vir barsies.
Hy bied aan om hiedie krake teen ‘n fooi te herstel. Hy het gepoog om twee barste op my windskerm te herstel, maar het ‘n groter merk gelaat as waarmee hy begin het.
Ek het hom R80 betaal om twee merke te verwyder en toe sê hy die gom is nog nie droog nie, dit sal verbeter, maar dit het nie.
Groot Gat
More
News
|