Verlof vir soustreinryers
2007-01-18
TERWYL dorpe in die Drakenstein Munisipaliteit vinnig al dieper in ‘n moeras van onbekwaamheid wegsink, meestal as gevolg van swak en onkundige munisipale bestuur, besluit die Uitvoerende Komitee sowaar om die plaaslike kantore van 23 Desember tot 3 Januarie te sluit!
Mens sou gedink het hul sou uit die fiasko van die Vrouedag-vieringe geleer het, maar nee, nou word die probleem net duisend maal groter!
Die verval en agteruitgang in ons eens mooi Vallei is pynlik om te ervaar en gade te slaan.
Om ‘n werkerskorps wat maar meestal traag diens lewer, te “beloon” met ekstra verlof, betalend nogal, skreeu ten hemele en is totaal en al onaanvaarbaar.
Anti-soustrein
More
News
|