Drinkers ontsier begraafplaas
2007-01-18
OM elke Kersfees ’n geliefde se graf te besoek, het al by ons ’n instelling geword.
Van oral kom familie om weer oupa, ouma, pa, ma, broer of suster se graf skoon te was en te versier met blomme.
Dieselfde het ek en my familie uit Natal op 24 Desember probeer doen, maar met ons aankoms te Champagnestraat begraafplaas in Wellington het ons die skok van ons lewe gekry.
Grafstene was platgeslaan of afgebreek en blompotte van marmer of graniet was weg. Drankbottels het rondgelê, baie was teen grafstene stukkend gegooi, op sommige grafte het menslike ontlasting gelê.
Net binne die suidelike hek het persone bo-op ’n graf gesit en drink. Ons teenwoordigheid het hulle nie laat skaam kry of laat loop nie. Hulle het onverpoosd voortgegaan.
Op plekke rondom die begraafplaas was die omheining so beskadig dat daar vryelik deurgeloop word.
My moeder, wat gereeld ons pa se graf gaan besoek het, voel soos vele ander nie meer veilig daar nie.
Wat het geword van respek vir die afgestorwenes? Laat ons munisipaliteit nou toe dat die begraafplaas van alle plekke, ’n nes word?
Ontstoke Wellingtonner
More
News
|