Ellington Rugbyklub reg vir seisoen
2007-01-18
DIE Wellington Rugbyklub is weer op dreef en reg om die nuwe seisoen aan te pak.
Die klub begin vanaand om 18:30 by die Boland B-veld te oefen onder leiding van afrigters Jaco Stoumann en Bertie Schreuder.
Christoff Lötter sal vir die spelers se fiksheid verantwoordelik wees.
Die klub hou op 17 Maart sy rugbydag en gaan poog om wedstryde te reël waarin tien klubs van die Boland teen tien klubs van die Kaap sal kragte meet.
Dit sal dan ook die plaaslike skeidsregters die geleentheid gee om hul fiksheidsvlakke reg te kry.
Die wedstryd sal slegs oor 40 minute beslis word, maar elke span sal twee wedstryde speel.
Wellington Rugbyklub toer einde Maart met 30 spelers na die Suid-Kaap waar hulle op 22 Maart teen George Rugbyklub sal speel en op 24 Maart aan die Rietbron Rugbydag sal deelneem.
’n Vriendskaplike wedstryd teen Kraaifontein Rugbyklub word vir 31 Maart beplan. Wellington skop sy liga af met ’n wedstryd op 14 April teen Rawsonville op Wellington.
Wellington speel ook vanjaar onder die borgskap van Wellington VO wat die klub vir die volgende drie jaar gaan ondersteun.
More
News
|