Weer tyd vir groot kriekettoernooi
2007-01-18
DIE Wellington Krieketklub hou op 27 Januarie weer sy Ses-aan-’n-kant krieketdag op Wellington.
Die dag bestaan uit 16 spanne wat onder mekaar sal meeding. Die eerste wedstryd begin om 08:30, met die plaat- en bekereindstryd wat rondom 16:00 sal afskop.
Toeskouers kan oudergewoonte groot sesse en stylvolle grenshoue verwag, met groot pryse op die spel vir die wenspanne.
Heelwat eet- en drinkgoed insluitende braai-etes sal te koop aangebied word. Springkastele sal ook opgerig word om die jongklomp besig te hou.
Die klub nooi almal uit om die dag saam met sy lede te kom geniet. Navrae: Marius op 082-976-1379.
More
News
|