Paarl-Oos probeer hard teen Brakke
2007-01-18
DIE eerste span van die GM Thorp Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag in die Paarl met 50 lopies teen die sterk span van Brackenfell vasgeval.
Die besoekers behaal 193/9 nadat hulle die loot wen en besluit om te kolf.
Benji Hector (78nun 4x8) was die voorste lopiemaker, terwyl Wimpie Louw (49 4x5, 6x1) en Wiaan Smit (28) ook goed gekolf het. Die keerpunt in die wedstryd was toe Louw op 20 uitgevang is. Die skeidsregter het dit egter as ’n foutbal uitgewys en Louw kon verder kolf.
Die Paarliete kon egter tevrede voel dat hulle die gerekende span tot dié totaal beperk het. Craig Abrahams (3/35 na 13bb), Elroy Abrahams (2/39 na 15bb) en Tiaan Cloete (3/19 na 6bb) het goed geboul.
Die tuisspan het van die eerste bal af positief gekolf in ’n poging om die wedstryd te wen en was ná 25 boulbeurte op 60/1. Die geluk was egter nie aan sy kant nie, met agt kolwers wat uitgevang is.
Die Paarliete word in die 54ste beurt uitgehaal vir 143. David Stevens (36 4x4), Morné de Vries (35nun 4x2) en Cloete (20 4x3) het moedig probeer.
Brackenfell se beste boulers was Willem du Toit (2/11 na 9bb), Gertjie Fourie (4/45 na 15bb) en Shaun Grobler (3/38 na 15bb). In Brackenfell moes Paarl-Oos II (229/8) met ’n onbesliste uitslag tevrede wees nadat die tuisspan 298/7 aangeteken het.
Brackenfell se uitblinkers was N Schultz (144nun 4x15, 6x1), Hein Coetzee (68 4x9, 6x2 en 2/18 na 11) en M Laubscher (2/18 na 11).
Spelers wat vir Paarl-Oos uitgeblink het, was Clayton Blommetjies (3/67 na 15bb) en 27 4x3), Wayne Minnies (4/71 na 15bb) en Jenovan Adams (70nun 4x10).
More
News
|