Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewilde rolbaltoernooi vir besighede

Gewilde rolbaltoernooi vir besighede
 
2007-01-18


DIE Paarl Rolbalklub bied weer die Paarlberg BMW Besighede Rolbalkompetisie aan van 6 tot 27 Februarie.

Die kompetisie word gespeel oor vier Dinsdagaande vanaf 18:00. Die laaste aand word ‘n braaivleis aangebied vir die vier finaliste.

Die kompetisie was die afgelope vyf jaar so gewild dat almal nie geakkommodeer kon word nie.

Belangstellendes word uitgenooi om nou 'n gemengde span van vier in te skryf. Die eerste 24 inskrywings sal aanvaar word (slegs een per besigheid).

Daar kan van plaasvervangers gebruik maak as ‘n personeellid(lede) nie al vier aande kan speel nie.

Die inskrywingsgeld beloop R250 per span wat betaalbaar is op die eerste aand. Dit sluit in vier aande se spel (baanfooie), rolballe (wat voorsien word) en ‘n braai die laaste aand by die prysuitdeling.

Spelers moet ef skoene of tekkies sonder hakke dra ter beskerming van die bane. Inskrywings: Cobus Malan op 872-3018 of 076-875-7180.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za