Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland vroue op dreef

Boland vroue op dreef
 
2007-01-18


DIE Boland vroue-krieketspan het Sondag nog ’n treetjie nader gegee aan die nasionale titel toe hy Griekwaland-Wes met 126 lopies geklop het.

Die gaste het die loot gewen in die wedstryd wat op Boland Park beslis is en besluit om eerste te boul.

Met die tuisspan se telling op 33/3 het die besluit na die regte een gelyk, maar ’n uitstekende vennootskap van 74 lopies tussen

Yolandie Potgieter (77) en Bronwen Town (28) het die Boland beurt weer in die regte rigting gestuur.

Nog ’n 88 lopie vennootskap tussen Potgieter en Leighshé Jacobs (51) het die telling stewig laat groei na 247/8 nadat die toegelate 50 beurte verstryk het.

Die enigste Griekwas bouler wat tevrede kan wees, met haar vertoning is L Geyer (3/43). Die Griekwas boulers sal ook hard moet gaan werk aan die 55 wydlopers wat afgestuur is.

Die besoekers se kolfbeurt het stadig, maar sonder enige probleme begin, met die eerste paaltjie wat op 42 geval het.

Dit was egter die enigste noemenswaardige vennootskap tussen Bezuidenhout (34) en Kruger (12).

S Harmse (25) het moedig teruggeveg, maar het nie genoeg bystand van die ander kolwers gekry nie.

Teen uitskeityd het Griekwas slegs 121/7 op die telbord gehad.

Boland se boulers het hulle uitstekend van hul taak gekwyt deur druk op die opposisie te plaas. Sunette Loubser (2/17) en Nathaneal Christiaans (2/31) het gewys waarom hulle die top boulers in die Boland-span is.

Die volgende wedstryd is op 28 Januarie 2007 wanneer Boland te staan kom teen die span van Suid-Westelike Distrikte.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za